Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
LOUBSER, F.G. e DUVENHAGE, André. A Critical Assessment of the South African Civilian Intelligence Agency. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-22. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/koers.90.1.2640.
Hierdie artikel ontleed die stand van die intelligensiegemeenskap (IM) in die Suid-Afrikaanse konteks om te bepaal of die intelligensiegemeenskap 'n mislukking of 'n volslae ramp is. Vanweë 'n mislukte, ondoeltreffende intelligensiestelsel is die wereldorde deur twee onlangse oorloë ontwrig. In hierdie verband is die fokus veral gerig op die situasie in die Midde-Ooste, waar Israel en die Palestynse groep HAMAS tans in 'n oorlog gewikkel is. Volgens h Reuters-verslag (Nakhoul & Saul, 2023) is Israel onkant betrap deur die HAMAS-aanval op 7 Oktober 2023, en sedertdien het duisende mense gesterf. Hierdie soort gewelddadige voorvalle herinner aan die gewelddadige onluste/protesaksies in Suid-Afrika gedurende Julie 2021, waartydens die ernstige protesoptrede van die betrokke mense die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Suid-Afrikaanse intelligensiedienste oorweldig het. Hierdie protesoptrede het infrastruktuur ter waarde van miljarde rande beskadig, en honderde mense het gesterf. Die Deskundige Paneel, wat in Julie 2021 deur die President van Suid-Afrika aangestel is, het soos volg kommentaar gelewer op sodanige protesaksie: "Die vraag, betoog baie, is nie óf en ás onlus en geweld weer sal voorkom nie, maar wanneer dit sal voorkom." (Presidency, 2021) h Gekonseptualiseerde intelligensie-risikobestuursraamwerk (IRBR) word gebruik om die intelligensiegemeenskap te ontleed, met spesifieke toespitsing op die Staatsveiligheidsagentskap (SVA). Die artikel beoog om die stand en aktiwiteite vanuit h demokraties gebaseerde raamwerk te verken, te beskryf en te ontleed. Voorts het die artikel ook ten doel om die mislukkings oor die afgelope dekades te evalueer en tot h gevolgtrekking oor die stand van die intelligensie-agentskappe/-dienste in Suid-Afrika te kom. Hierdie ontleding sal aandui of die intelligensiegemeenskap (IG) gereed en in staat is om híerdíe tipe bedreigings en risiko's in die toekoms te hanteer.
Palavras-chave : intelligensiegemeenskap (IG); intelligensiemislukking (IM); intelligensie-risikobestuursraamwerk (IRBR); risikobestuur (RB); Suid-Afrika.












