SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.90 número1Archaeology of time - activation of installation space by the spect-actorAfCTA and the Trajectory of Industrialisation and Development Sustainability in Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    BARTLE, Roy S. Reformed Confessionalism and the Belhar Confession. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.90.1.2614.

    Die Belydenis van Belhar is 'n moderne belydenisskrif wat kwessies rakende ras, kultuur en sosio-ekonomiese geregtigheid aanroer. Hierdie belydenis het ontstaan uit die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk se verwerping van die apartheidsteologie en is deur verskeie gereformeerde denominasies, binne en buite Afrika, aanvaar, naas die histories gereformeerde belydenisskrifte van die Drie Formuliere van Eenheid en die Westminster Standaarde. Hierdie studie ondersoek of die Belydenis van Belhar sonder konflik saam met die histories gereformeerde belydenisskrifte onderskryf kan word. Drie algemene benaderings tot konfessionele onderskrywing word onderskei: nie-onderskrywing, quia onderskrywing en quatenus onderskrywing. Vervolgens word die proposisionele versoenbaarheid van die Belydenis van Belhar met die historiese belydenisskrifte ontleed, en potensiele konflikpunte rakende ekklesiologie, betreffende die leerstellings oor versoening sowel as armoede, word geïdentifiseer. Hierdie konflikte kom na vore by quia onderskrywing, maar kan vermy word by quatenus onderskrywing.

    Palavras-chave : Belydenis van Belhar; ekklesiologie; gereformeerde konfessionalisme; quia en quatenus onderskrywing; versoeningsleer.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )