Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
VAN RHYN, HP Malan. Adrio König oor die doel van die openbaring van die wederkoms. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/koers.90.1.2631.
Hierdie artikel ondersoek of die vraag na die telos (doel) van die openbaring van Christus se wederkoms in die Nuwe Testament as 'n dogmatiese kwessie beskou moet word. Vorige navorsing deur Van Rhyn (2017) het die telos vanuit 'n eksegeties-openbaringshistoriese perspektief behandel. Hierdie studie fokus egter op die teologie van Adrio König, veral soos in The eclipse of Christ in eschatology (1989) uiteengesit, om vas te stel of sy teologiese raamwerk 'n dogmatiese uitleg van die vraag ondersteun. König se Christosentriese eskatologie, wat hy as 'n "teleologiese Christologie" beskryf, beeld Christus uit as die eschatos en telos van die geskiedenis. Sy verwoording van die drie wyses van Christus se koms (vir ons, in ons, met ons) integreer die wederkoms met God se verbondsmatige verlossingsdoelwitte. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat König se teologie, wat hy self as teleologies of doelgedrewe tipeer, duidelik impliseer dat God se telos met die openbaring van die wederkoms sake soos vermaning, vertroosting, hoop, waarskuwing en verbondsvervulling op die oog het. Hierdie teloi funksioneer sowel kerugmaties as pastoraal ten opsigte van gelowiges en ongelowiges. Die studie bevestig dat die openbaring van Christus se wederkoms nie bloot informatief is nie: Dit is diep teologies van aard, en daarom vorm dit 'n geldige onderwerp van dogmatiese besinning.
Palavras-chave : eindtyd; eskatologie; telos; wederkoms; telos.












