SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.90 issue1HIV and me: The perception of children aged 10-12 living with HIV, and their expectations for adulthoodArchaeology of time - activation of installation space by the spect-actor author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    STRAUSS, Piet J.. Die Volkeregtelike Status van die Afgevaardigdes dan die Boererepublieke by die Vrede van 31 Mei 1902. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.90.1.2596.

    Die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 met sy kern Boer teen Brit betree teen middel 1900, met die Britse anneksering van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat, 'n tyd van guerrilla-oorlogvoering deur die Boere. Hierdie oorlog eindig met vredesluiting op 31 Mei 1902. Die "nagenoeg" 20 779 Boere (vgl. Pretorius, 2001:21) wat in hierdie fase aan Boerekant geveg het, dra die naam Bittereinders. Hierdie Boere wat tot die einde van die oorlog - hulle het onder mekaar gepraat van die bittereinde - met verset teen die Britse imperialisme sou volhard, sou daarna 'n aantoonbare invloed op die historiese verloop van staatkundige sake in Suid-Afrika hê. In oorleg met lord Kitchener, opperbevelhebber van die Britse magte in Suid-Afrika, het die Boere 'n beraad van 60 vegtende Boere of Bittereinders vir die laaste twee weke van Mei 1902 op Vereeniging gereël wat oor 'n vrede onder omstandighede vir die Boere moes besluit. Die verteenwoordigers op hierdie Boereberaad is deur die vegtende burgers as stemvolk aangewys. Aan die begin van die beraad het die 60 Boere aanvaar dat hulle uit 'n volkeregtelike hoek die status van gevolmagtigde verteenwoordigers van die burgers "te velde" gehad het wat namens die twee republieke oor vrede met Brittanje moes besluit. Dit het beteken dat hulle die gees onder hulle genote moes verreken, maar ook eie insig kon gebruik in die hantering van dit wat hulle by medeafgevaardigdes, kommando's en ander mense in die oorlog gehoor het. Hulle was gevolmagtigde gesante wat op 'n sinvolle vrede vir die Boere in die omstandighede moes besluit. Sekere faktore sou hierdie status bevestig. Die beraad moes finaal oor die moontlikheid van vrede vir die Boere besluit. π Kommissie van 10 uit die 60 wat die regerings van die twee republieke verteenwoordig het, het die Vrede van Vereeniging soos deur die beraad aanvaar, geteken. Daardeur het die vredesverdrag wat op die Britse voorstelle gebaseer was, 'n bindende ooreenkoms vir Boer en Brit geword: π ooreenkoms wat die republieke deur die beraad van 60 aanvaar het en hulle deur handtekening en erewoord gebind het. Die aard van die vredesverdrag was betekenisvol. Milner het die ooreenkoms soos aanvaar deur die Britse regering in Londen vir die tien Boere wat sou teken as π "Act of surrender" aangebied. Generaal Jan Smuts het hierdie opskrif by onlangs gesien en onmiddellik gewysig na "Act of peace". Kitchener en Milner het nie hierteen beswaar gemaak nie. Die republieke het selfstandig oor die vrede besluit en was daarvoor nie van Brittanje se goedkeuring afhanklik nie. As gevolmagtigde verteenwoordigers was die 60 Boere as 'n wettige en verkose liggaam instrumenteel in die republieke se aanvaarding van die ooreenkoms. Die Vrede van Vereeniging is aanvaar deur die 60 Bittereinderboere wat dit met π meerderheid van 54 - 6 goedgekeur het. Die Britse anneksasie van die Republiek van die Oranje-Vrystaat op 24 Mei 1900 en die Zuid-Afrikaansche Republiek op 1 September 1900, het geen rol op konferensie gespeel nie. Die Bittereinderboere het selfstandig besluit oor - op hulle voorwaardes - die einde van die bittereinde.

    Keywords : Anglo-Boereoorlog 1899-1902; bekende oortuigings van Bittereinders; bittere einde; Boere moet vergewe; volkeregtelike status van Boereverteenwoordigers in Mei 1902; ZAR en die Rep. OVS verteenwoordig deur Bittereinders; Suid-Afrikaanse Oorlog.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )