SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.90 número1A plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South AfricaBuilding resilient communities in the midst of shame, guilt, fear, witchcraft, and HIV/AIDS índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    MARITZ, Paul J.  e  SCHLEBUSCH, Jan Adriaan. Gelykheid as rewolusionêre begrip by die ANC en Groen van Prinsterer: 'n Tydige waarskuwing vir vandag?. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-15. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.90.1.2604.

    Gelykheid Is sedert die ontstaan van die ANC 'n kernbegrip in die party se ideologiese raamwerk. Hierdie strewe na gelykheid kom duidelik na vore in verskeie sleuteldokumente, maar die vraag oor hoe die ANc gelykheid teoreties verstaan en in die praktyk toepas, bly kompleks en onvoldoende nagevors. 'n Ondersoek na hierdie bronne dui daarop dat die party gelykheid nie net in die klassieke sin van die woord, as gelykheid voor die reg, verstaan word nie, maar eerder as 'n rewolusionêre gelykheid wat beslag moet vind op sosio-ekonomiese gebied. Die ANC se konsep van gelykheid moet geplaas word binne 'n breër historiese debat oor die aard van gelykheid, wat sy oorsprong in die Verligting het. Hierdie rewolusionêre idee, met wortels in die denke van Jean-Jacques Rousseau en Karl Marx, is in diepte bekritiseer deur die Nederlandse staatsman Guillaume Groen van Prinsterer. Hy het gewaarsku dat hierdie soort gelykheid samelewingsverbande kan ondermyn, sosiale samehorigheid kan skade doen en eiendomsregte kan skend. Hierdie kritiek beklemtoon die belangrikheid daarvan om af te sien van 'n ideologiese raamwerk wat teenproduktief op samelewings inwerk, ten einde burgerlike vryhede en sosiale vooruitgang te beskerm - ook in Suid-Afrika se hedendaagse politieke konteks.

    Palavras-chave : ANC; gelykheid; Guillaume Groen van Prinsterer; Nasionale Demokratiese Rewolusie.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )