Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
KRUGER, Johan H.C. e DU PLESSIS, Andre. The challenges of principals' dual roles in South African public schools: balancing policy implementation and stakeholder dynamics. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-12. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/KOERS.90.1.2577.
Skoolhoofde vervul 'n sentrale funksie in die implementering van onderwysbeleide deur as intermediare gesagsfigure tussen die Departement van Basiese Onderwys en skoolbeheerliggame op te tree. In hul dubbele rolle as verteenwoordigers van die hoof van die provinsiale departement van onderwys, sowel as ex officio-lede van skoolbeheerliggame, speel skoolhoofde 'n bepalende rol in die implementering en operasionalisering van beide nasionale en plaaslike onderwysbeleide binne skole. Hierdie verantwoordelikhede beïnvloed skoolhoofde se interaksies met sowel die werkgewer as die skoolbeheerliggaam. Hierdie studie ondersoek die uitdagings waarmee skoolhoofde gekonfronteer word in die uitvoering van hul dubbele rolle in die implementering van onderwysbeleide, veral in konteks van die behoefte om dikwels teenstrydige verwagtinge te balanseer en te versoen. Deur gebruik te maak van 'n kwalitatiewe navorsingsbenadering en 'n eksploratiewe gevallestudie-ontwerp, is data op sistematiese wyse ingesamel en ontleed met behulp van koderingstegnieke. Die bevindings beklemtoon die kompleksiteit van spanningsgevulde verhoudings waarin skoolhoofde hulle bevind, aangesien hulle nie slegs verantwoordelik is vir die implementering van opdragte vanaf die Departement van Basiese Onderwys nie, maar ook vir die bevordering van die belange van skoolbeheerliggame. Die studie onderstreep verder die noodsaaklikheid van die integrasie van demokratiese beginsels en Christelike waardes in die implementeringsproses van onderwysbeleide. Daar word gepleit vir inklusiewe deelname, kollektiewe besluitneming en wedersydse respek-kernbeginsels wat as fundamenteel beskou word vir die bevordering van regverdigheid en doeltreffende onderwysbestuur binne skole.
Palavras-chave : Outonomie; samewerkende bestuur; disfunksionele skole; funksionele skole; professionele bestuur.












