SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.90 número1Novice Teachers' Beliefs and Fears on Bullying in Schools in South AfricaPower and Influence: Assessing the Conceptual Relationship índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    D'ASSONVILLE, Victor E.. Calvinus Africanus: Calvyn en Calvynnavorsing in Suid-Afrika in die laat 20ste eeu - 'n Kroniek van enkele lyne. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-18. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/KOERS.90.1.2613.

    Buiten belangrike mylpale ten opsigte van Calvyn en Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu (die stigting van die Calvyn Jubileum Boekefonds (CJBF) in 1909, die oprigting van die Koers-vereniging in 1926 gepaardgaande met Koers bulletin sedert 1935, enkele studies oor Calvyn en sy werk, die vestiging van 'n Calvinistiese filosofie deur bv. HG Stoker en andere en die drie bande Koers in die krisis deur die Federasie van die Calvinistiese Studenteverenigings in Suid-Afrika) was dit veral tydens die tweede helfte van die 20ste eeu wat 'n opbloei in Calvyn-belangstelling geblyk het. Dié opbloeiing is die fokus van hierdie bydrae. Hierdie toenemende aandag wat op Calvyn toegespits was, het op drie maniere tot uitdrukking gekom: eerstens deur akademiese studies, insluitend proefskrifte oor Calvyn en sy werk; tweedens deur inisiatiewe vir die bevordering van amptelike Calvynnavorsing (soos kongresse), veral as resultaat van die momentum wat gekry is na aanleiding van die Internasionale Calvynnavorsingskongres (eers gehou in 1974 en 1978), wat sedert 1980 tot reëlmatige Suid-Afrikaanse kongresse gelei het; en derdens deur die aanpak van 'n groot, omvattende projek om Calvyn se werke in Afrikaans vertaal. Daarmee het Suid-Afrika - spesifiek die Afrikaanse Calvynwerke - deel geword van die wêreldgemeenskap van Calvynvertalings langs groot taalgroepe soos Engels, Nederlands, Duits en Koreaans, om enkeles te noem.

    Palavras-chave : Calvyn en Suid-Afrika; Calvynkongresse; Calvynnavorsing; Calvynvertalings.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )