SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.89 número1A plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South AfricaBuilding resilient communities in the midst of shame, guilt, fear, witchcraft, and HIV/AIDS índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    SWANEPOEL, Nadia  e  WEST, Joyce. Collaborative conversations with teachers about hope: during and after COVID-19. Koers (Online) [online]. 2024, vol.89, n.1, pp.1-17. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/koers.89.1.2573.

    Daar is al eeue lank in baie dissiplines oor hoop as konsep, uit 'n sekulêre sowel as 'n Christelike perspektief, gedebatteer. Idees oor hoop as verskynsel het onlangs in die onderwysveld toegeneem weens die groot veranderinge en uitdagings wat onderwysers gedurende die Covid-19-pandemie moes trotseer. Besinning oor die bron of bestaan van hoop as konsep, veral in uitdagende tye, vereis 'n noukeurige ondersoek na hoe mense hoop vertolk en beleef. Daarom is hierdie kwalitatiewe studie toegespits op onderwysers se interpretasies en belewings van hoop tydens en ná die Covid-19-pandemie. Hierdie studie is uitgevoer deur middel van twee samewerkende gesprekke met onderwysers as deel van 'n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek wat oor die duur van die Covid-19-pandemie gestrek het. Deduktiewe dataontleding is met behulp van ATLAS.ti gedoen. Die bevindinge het aan die lig gebring dat die onderwysers 'n soortgelyke begrip van hoop gehad het. Voorts is daar ook bevind dat hoop nie slegs vanuit óf 'n sekulêre óf 'n Christelike perspektiei beskiyf kan word nie. Die deelnemers se oortuigings aangaande die bron van hoop het egter verskil. Hierdie oortuigings het insig gebied in die vraag of die deelnemers se begrip van hoop op 'n sekulêre of Christelike perspektief gebaseer was. Vanuit 'n sekulêre perspektief is hoop vanuit die hoopteorie van Snyder et ai. (1991) verstaan. Volgens hierdie teorie spruit hoop uit sogenaamde roetedenke (om 'n verskeidenheid roetes na 'n gegewe doelwit te beplan), werksaamheíd/agentskap om 'n doelwit te bereik en doelwitstelling. Daarteenoor word God vanuit 'n Christelike perspektief as die bron van hoop beskou weens sy beloftes. Daar is gevind dat hoop se onsigbare krag hetsy dit op werksaamheid/agentskap of geloof gebaseer is, sentraal tot onderwyserswerksaamhheid/onderwysersagentskap staan; daarom het die term "geloofsgebaseerde, doelgedrewe hoop" uit die data te voorskyn gekom. Aanbevelings word gemaak oor die belangrikheid van die koestering en versterking van die hoop wat onderwysers het om opvoedkundige uitkomste te verbeter.

    Palavras-chave : Christelike hoop; Covid-19-pandemie; doelgerig; hoopteorie; onderwysers; onderwyserswerksaamheid/-agentskap; roetedenke; sekulêre hoop.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )