Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Abstract
VAN DER WALT, Johannes L; POTGIETER, Ferdinand J and WOLHUTER, Charl C. Forming learners through citizenship education to recognise and counter lawlessness in their surroundings. Koers (Online) [online]. 2024, vol.89, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/koers.89.1.2458.
Te wyte aan verskeie omstandighede is die burgers van 'n hele aantal lande regoor die wêreld - insluitend Venezuela, Nigerië en Suid-Afrika - aan die een of ander vorm van wetteloosheid blootgestel (die verontagsaming van die gangbare wette of norme van die land en die samelewing), en dit kan uiters nadelig wees vir die welsyn van die samelewing. Op grond van 'n ontleding van die situasie in Suid-Afrika word aangevoer dat burgerskapsonderwys2 - in kombinasie met byvoorbeeld godsdiensonderwys, morele onderwys en vergifnisonderwys - 'n bruikbare instrument in skole kan wees om wetteloosheid (afwykende en normverontagsamende gedrag) teen te werk. Tot dusver was die besinning oor burgerskapsonderwys egter gekenmerk deur konseptuele onsekerheid, meningsverskille en 'n wye verskeidenheid toepassings in die praktyk. Dié artikel doen verslag oor teoretiese interpretivisties-konstruktivistiese navorsing. Hierdie navorsing is gerig op die vraag hoe burgerskapsonderwys ingespan sou kon word om jongmense te vorm (toe te rus, op te voed) om hulle in staat te stel tot moreel-regverdigbare gedrag, die herkenning van wetteloosheid en die bestryding daarvan waar hulle dit ook al in hul leefwêreld teëkom.
Keywords : anomie; burgerskapsonderwys; globalisme; moreel-regverdigbare gedrag; wetteloosheid.












