SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.76 issue4Leadership and powerCultural pathways and pitfalls in South Africa: A reflection on moral agency and leadership from a Christian perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    HALE, Frederick. Die radikalisering van 'n Sweedse kerklike kritikus van apartheid - Gunnar Helander. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.4, pp.709-730. ISSN 2304-8557.

    Vanaf die vyftiger- tot die tagtigerjare van die vorige eeu het die Sweedse regering, asook talle nie-regeringsorganisasies in hierdie land, aan die voorpunt gestaan van die internasionale stryd teen apartheid. Verskillende verteenwoordigers van die Church of Sweden Mission was in 'n groot mate aktief in hierdie stryd betrokke. Onder hulle was Gunnar Helander (1915-2006) wat as 'n sendeling tussen 1938 en 1956 in Natal en aan die Witwatersrand gewerk het. Na sy permanente terugkeer na Swede in 1956 het die rol wat hy gespeel het egter vergroot en hy het ook internasionaal bekend geword, veral vanweë sy betrokkenheid in die leierskap van die International Defence and Aid Fund. Tussen 1949 en 1986 het Helander ook sewe romans geskryf wat in Suid-Afrika afspeel. In hierdie werke kan 'n mens die ontwikkeling van sy denke oor apartheid volg, wat gegroei het van aanvanklike matige kritiek op rasseverhoudings in Suid-Afrika tot die bepleiting vir internasionale omverwerping van die P. W. Botha-regering.

    Keywords : apartheid; Church of Sweden Sendinggenootskap; Helander; Gunnar; International Defence and Aid Fund; rassestereotipes.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )