Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Abstract
VORSTER, J.M.. "Gaan elke dag uit en maak bymekaar...": Implikasies van die etiek van Eksodus 16 vir die moderne verbruikerswese. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.1, pp.171-192. ISSN 2304-8557.
Hierdie artikel fokus op die etiese beginsels wat uit die geskiedenis van die manna in Eksodus 16 voortspruit en die betekenis van hierdie beginsels vir die groeiende verbruikerskultuur van ons tyd. Die beginsels wat hier ter sprake is, is dié van arbeid en rus, verantwoordelike verbruik, mededeelsaamheid, die beskerming van die omgewing en die herinnering aan God se besorgdheid oor die mens en die skepping. Die moderne verbruikerskultuur met sy onderliggende neo-liberalistiese filosofie druis skynbaar teen hierdie beginsels in op veelvuldige wyses. Die etiese beginsels van die mannageskiedenis is dus besonder relevant in die huidige etiese diskoers oor ekonomiese beplanning, arbeid en rus, die omgewing en die vraag oor God se betrokkenheid in die huidige wêreld.
Keywords : arbeid; eko-etiek; herinnering; mededeelsaamheid; neo-liberalisme; verbruikerskultuur.












