SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    POTGIETER, P.C.. Die didaktiese aard van Calvyn se De Scandalis. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.4, pp.643-659. ISSN 2304-8557.

    Die artikel behels 'n ondersoek na die didaktiese aard en waarde van Calvyn se publikasie "De Scandalis" (1550). Sy klaarblyklike oogmerk was om riglyne daar te stel tot geloofsversterking van Christene wat met allerlei struikelblokke op die weg van heiliging worstel. Die outeur toon aan hoe die kwessies waarop Calvyn antwoorde wou bied, selfs nog vir die gelowige van die 21e eeu relevant is, en dat gesonde opvoedkundige beginsels hierdie geskrif van Calvyn deurgaans kenmerk. Presies daarom was dit - en is dit nog steeds - 'n uitstekende hulpmiddel vir mense wat aan die kerk van Christus behoort en in hulle geestelike lewe te staan kom voor allerlei struikelblokke en versoekings: Bybelse waarhede wat deur die wêreld as dwaasheid afgemaak word; aanstootlike en skandalige gedrag van mense binne die kerk; asook lasterlikhede of beswaddering van die kant van teenstanders van die evangelie. Binne hierdie konteks bewys Calvyn homself as eksegeet by uitnemendheid en as blywende voorbeeld van die betroubare leermeester wat self deur die beginsels van die Heilige Skrif gelei word.

    Keywords : Calvyn; didaktiek; kategeet; struikelblokke.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )