SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    BRUNSDON, A.R.  e  LOTTER, G.A.. Aftrede as integrasionele taak. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.283-302. ISSN 2304-8557.

    In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat aftrede as 'n kritiese lewensfase beskou kan word. Dit beteken dat afgetredenes, onderhewig aan hoe hulle hierdie lewensfase hanteer, óf in futiliteit kan verval, óf hierdie lewensfase optimaal kan benut. Hiermee is die kritiese taak van aftrede omlyn as die optimale benutting van dié lewensfase. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid om aftrede as integrasionele taak te benader. Die uitdaging hiervan sou wees om afgetredenes wat neig na gevoelens van futiliteit te lei tot 'n sinvolle integrasie van hulle lewenservaring en geloofskennis sodat hulle sin tydens aftrede kan beleef. Die narratiewe benadering tot die pastoraat kan moontlik hiervoor 'n goeie voertuig bied, aangesien dit die verhale van mense benut. Vanuit 'n reformatoriese benadering tot die narratiewe terapie werk dit ook met die Godsverhaal waarbinne die lewe en die mens 'n andersoortige sin en potensiaal het. Die artikel dui aan dat afgetredenes via die narratiewe pastoraat tot integrasie van hulle eie verhale en die Godsverhaal kan kom. In hierdie integrasie lê een van die sleutels tot volle sinsontsluiting en hoop tydens een van die lewe se mees uitdagende fases.

    Palavras-chave : aftrede; futiliteit; integrasie; kritiese lewensfase; narratiewe pastoraat; Prediker.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )