Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
FERREIRA, R.; DU PREEZ, C.S. e ARCHER, E.. Die potensiële waarde van gesinsrituele vir betekenisgewing deur kinders. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.2, pp.247-264. ISSN 2304-8557.
Hierdie artikel doen verslag oordie bevindings van 'n kwalitatiewe studie waartydens gesinsrituele as moontlike bate tydens betekenisgewing deur kinders verken is. Die doel van die studie was eerstens om die dimensies van geselekteerde gesinsrituele te identifiseer. Tweedens is moontlike wyses ondersoek waarop die beoefening van gesinsrituele kinders se betekenisgewing kan beïnvloed asook watter bategebaseerde uitkomste die beoefening van gesinsrituele moontlik kan oplewer. Die navorsing is vanuit die interpretivistiese paradigma onderneem, het op 'n instrumentele gevallestudie as navorsingsontwerp gesteun en opvoedkundig-sielkundige assesserings, informele gesprekvoering, semi-gestruktureerde onderhoude, reflektiewe joernale, visuele data, observasie en veldnotas as data-insamelings- en -vasleggingstegnieke benut. Twee Afrikaanssprekende laerskoolkinders ('n broer en suster) en hulle ouers is doelgerig as deelnemers geselekteer. Gedurende die studie kon die vyf basiese dimensies van gesinsrituele (struktuur, betekenis, volharding en toewyding, aanpasbaarheid en geslagsverhoudings) geïdentifiseerword in die rituele wat die deelnemende gesin beoefen het. Hierbenewens het ses ander dimensies prominent na vore getree, naamlik taakvoltooiing, kommunikasie, rolle, affektiewe bestuur, affektiewe betrokkenheid en gedragsbeheer. Op grond van die positiewe uitkoms van gesinsrituele op die betekenisgewing deur die deelnemende kinders aan hulself en ook die rituele waaraan hulle deelneem, word die gevolgtrekking gemaak dat gesinsrituele as moontlike bate aangewend kan word binne die konteks van die gesin. Dit volg verder dat gesinsrituele moontlik geïmplementeer kan word tydens gesinsintervensie-inisiatiewe.
Palavras-chave : bategebaseerde benadering; betekenisgewing; gesinsritueel.











