SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    De Jure Law Journal

    On-line version ISSN 2225-7160Print version ISSN 1466-3597

    Abstract

    VERWEY, Hanneke  and  CARSTENS, Pieter. Kosmetiese Chirurgie en Verantwoordelike Pasiëntkeuse - Bestaan daar 'n Regsplig om Pasiënte te Evalueer?. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.2, pp.432-450. ISSN 2225-7160.

    Daar is sekere unieke uitdagings wat pasiëntkeuse vir kosmetiese chirurgie betref. Die uitdaging wat kosmetiese chirurge in die gesig staar is hoe om reeds voor chirurgiese ingryping pasiënte te identifiseer wat 'n swak resultaat in terme van sielkundige aanpassing en psigososiale funksionering sal hê, ten spyte van 'n tegnies aanvaarbare resultaat. Aangesien sielkundige faktore onderliggend is aan die meeste versoeke vir kosmetiese chirurgie, word daar aan die hand gedoen dat kosmetiese chirurge 'n regsplig het om bewus te wees van algemeen erkende psigiatriese toestande en simptome. Kosmetiese chirurge, meer so as die meeste ander spesialiste, moet aandagtige luisteraars wees met kliniese vernuf wat strek buite die tipiese grense van medisyne en siekte. Die deliktuele, strafregtelike en kontraktuele aanspreeklikheid van 'n kosmetiese chirurg wat opereer op 'n sielkundig onstabiele pasiënt word in besonderhede bespreek. Die bespreking vind plaas aan die hand van 'n Amerikaanse saak, die enigste saak van sy soort ter wêreld, waar die vraag of 'n pasiënt wat ly aan liggaamsdismorfiese versteuring geldige toestemming tot kosmetiese chirurgie kan gee, aangespreek is.

            · text in English     · English ( pdf )