SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    De Jure Law Journal

    versão On-line ISSN 2225-7160versão impressa ISSN 1466-3597

    Resumo

    VILJOEN, Frans. Hedendaagse uitdagings vir internasionale menseregte en die rol van menseregte-opleiding. De Jure (Pretoria) [online]. 2011, vol.44, n.2, pp.207-231. ISSN 2225-7160.

    In hierdie bydrae word vier hedendaagse uitdagings aan international menseregte onder die loep geneem. Hierdie uitdagings is: (1) Die internasionale menseregte-sisteem is oormatig ingewikkeld en gefragmenteerd, dog steeds onvolledig in die substantiewe beskerming wat dit bied. (2) Internasionale menseregte het nie voldoen aan die beloftes wat dit voorgehou het nie. (3) Die staats-gesentreerde aard van menseregte gee aanleiding daartoe dat state die paradoksale posisie inneem as beide menseregte-beskermer en menseregte-skender. (4) Internasionale mense-regte het nie voldoende aandag geskenk aan die behoeftes van die mees behoeftige lede van samelewings nie. Hierdie artikel maak die argument uit dat elkeen van hierdie uitdagings beter verstaan en benader kan word indien 'n multidissiplinêre, eerder as 'n streng judisiële of regsgebaseerde benadering gevolg word. Die inhoud van menseregte-opleiding moet dus krities heroorweeg word, en toelatingsvereistes vir meseregte-programme behoort aangepas te word om so 'n multidissiplinêre benadering te vergestalt.

            · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )