SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.35 issue3Modelling the tendencies of a residential population to conserve waterThe state of the art of gendered energy innovations: a structured literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    KOK, T.J.  and  VAN ZYL-CILLIE, M.. The fresh connection as an experiential learning tool in industrial engineering education: a case study. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2024, vol.35, n.3, pp.135-147. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/35-3-3087.

    Bedryfsingenieurskurrikulums is tradisioneel gebaseer op 'n grondslag van wetenskap en wiskunde. Gegewe die aard van hierdie dissiplines, het bedryfsingenieurstudente dikwels nie die geleentheid om prakties met inhoud om te gaan nie. Ervaringsleer (EL) is 'n opvoedkundige proses waarin studente leer deur te doen, en die insluiting daarvan in ingenieursopleiding het bewys dat dit leeruitkomste en ervarings verbeter. The Fresh Connection (TFC) is 'n kommersieel beskikbare voorsieningskettingbestuur-besigheidspeletjie wat gebruik kan word om EL in die bedryfsingenieurskurrikulum te inkorporeer. Hierdie navorsing is 'n gevallestudie van die gebruik van TFC as 'n EL-instrument in die voorsieningskettingbestuurmodule van 'n voorgraadse bedryfsingenieursprogram aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit. Alhoewel die resultate 'n paar gapings toon tussen die teoretiese konsepte wat in TFC gedek word en hierdie gevallestudie se voorgraadse voorsieningskettingmodule, word die gevolgtrekking gemaak dat TFC 'n effektiewe EL-instrument is. Verder kom die navorsing tot die gevolgtrekking dat TFC studente se leeruitkomste en ervarings positief beïnvloed.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )