SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue3Synthesis and evaluation of an Industry 4.0 control roomAn integrative review of the potential barriers to and drivers of adopting and implementing sustainable construction in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    SCHOLTZ, A.; HATTINGH, T.; ROOPA, M.  and  DAVIES, E.. Insights into electric vehicle market growth in South Africa: a system dynamics approach. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.3, pp.13-27. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/34-3-2952.

    Die internasionale aandeel van elektriese voertuie wat van die kragnetwerk af herlaai word se verkope was 8,6% in 2021, in vergelyking met Suid-Afrika se 0,1%. Die verhoging van die verkoop van hierdie voertuie in Suid-Afrika is direk gekoppel aan die voortbestaan van Suid-Afrika se voertuigvervaardigingsbedryf. Om hierdie uitdaging die hoof te bied, moet besighede en regerings die faktore wat die aanvaarding van elektriese voertuie beïnvloed, beter verstaan. Hierdie studie het beduidende faktore geïdentifiseer wat die aanvaarding van elektriese voertuie beïnvloed en daardeur beïnvloed word. Deur middel van 'n literatuurstudie, is talle faktore geïdentifiseer en daarna gekarteer in 'n kousale lusdiagram met 'n aangepaste sisteemdinamika-benadering. Die impak van belasting op die koste van elektriese voertuie en die lae beskikbaarheid van elektrisiteit beïnvloed beide verbruikersvertroue in die besit van 'n elektriese voertuig en plaaslike vervaardigingskapasiteit negatief. Hierdie model dien as 'n nuttige hulpmiddel om te verstaan hoe verskeie faktore in Suid-Afrika die aanvaarding van elektriese voertuie beïnvloed en daardeur beïnvloed word.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )