SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 issue4The impact of the moratorium on the regulation governing vehicle height restriction: a South African high cube container caseAmore: CNN-based moving object detection and removal towards slam in dynamic environments author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    LAUBSCHER, J.M.; BEKKER, J.  and  ACKERMAN, S.. Base models for simulating the South African forestry supply chain. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2022, vol.33, n.4, pp.47-59. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/33-4-2732.

    Die Suid-Afrikaanse bosbouvoorsieningsketting is a komplekse stelsel wat bestaan uit beide die produksie van bome (terreinvoorbereiding, hervestiging en versorging van saailinge, asook algemene plantasie-instandhouding) en die produksie en verspreiding van hout vanaf die plantasies na die pulp- en saagmeulens. Hierdie artikel handel oor 'n studie waarin die geskiktheid van diskrete-gebeurtenis simulasie vir die modellering van bosbou-voorsieningskettings met dubbele-doelwitoptimering ondersoek is. As deel van 'n groter navorsingsprojek is twee voorsieningketting-simulasiemodelle ontwikkel: een vir pulphout en die ander vir saaghout. Die simulasiemodelle is ontwikkel deur eerstens die prosesvloei van die twee voorsieningskettings uit te beeld met die hulp van vakkundiges en belanghebbers. Daarna is simulasie-konsepmodelle ontwikkel en die data wat benodig was is geïdentifiseer, verkry en geverifieer. Die simulasiemodelle is ontwikkel, waarna verifikasie en validasie gedoen is om te bevestig dat die modelle realistiese voorstellings is van die voorsieningskettings wat hulle moet naboots. Die gevolgtrekking van die studie is dat die simulasiemodelle wat ontwikkel is die vermoë demonstreer om beide scenario-analise en dubbele-doelwit optimering uit te voer. Dit word ook illustreer dat die dissiplines van bedryfsingenieurswese en bosbou suksesvol kan saamwerk.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )