SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 issue33D printed laryngoscope for endotracheal intubationSystem development for the five-axis extrusion of a photopolymer author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    CHIKUMBIRIKE, M.O.; KANYEMBA, G.; CHIRINDA, G.P.  and  MATOPE, S.. Design of an automated monitoring and control system for the soft drink capping machine and process mixer. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2021, vol.32, n.3, pp.225-237. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/32-3-2637.

    Hierdie artikel is gebaseer op botteleringproses optimering deur deurlopende verbetering. 'n Gevallestudie is by maatskappy XYZ geloods. Die Ses Sigma Definieer, Meet, Ontleed, Verbeter, en Beheer metodologie het getoon dat die bottelering en doppie-opsit prosesse defekte by die drie sigma vlak lewer. Die 5 Hoekoms, Pareto-kaart, visgraatdiagram en Verskaffers, Insette, Prosesse, Uitsette, Kliënte model het getoon dat los doppies (31.6%), lae opvulvlakke (29.2%) en leë bottels (28.9%) die vernaamste redes tot hoë kostes as gevolg van swak gehalte is. Die moniteringstelsel is ontwerp op die toegepaste wringkrag te meet, die doppie werkstuk status te monitor en die drankie temperatuur soos dit die hitteruiler verlaat te meet. Die verkoelingstelsel van die menger is ontwerp met n geslote lus beheerstelsel. As die drankie se temperatuur nie binne een of twee grade Celsius is nie, word dit gestuur vir sekondêre verkoeling, anders beweeg dit aan. Die glikol inlaatklep word aangedryf sodat die vloei van die verkoelingsmiddel aangepas word om te verseker die primêre verkoeling is doeltreffend. Die resultate toon dat dit moontlik is om die proses binne die ses sigma vlak te bedryf.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )