SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    PIENAAR, C.; VAN DER LINGEN, E.  and  PREIS, E.. A Framework for Successful New Product Development. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.3, pp.199-209. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-3-2239.

    Om die mededingende voordeel van 'n kernbevoegdheid, soos nuwe tegnologie-ontwikkeling te benut, moet 'n organisasie die tegnologie doeltreffend en effektief kan ontwikkel. Die doel van hierdie navorsing is om die nuwe produkontwikkelingsukses en -faktore in 'n chemiese maatskappy te bestudeer en verbeterings aan te beveel aan die bestaande nuwe produkontwikkelingsraamwerk. Die studie is beduidend deurdat nuwe produkontwikkelingsprestasie verbeter moet word om mededingend te bly in die huidige ekonomiese- en omgewingsklimaat. Dieselfde nuwe produk-ontwikkelingsmodel word toegepas op alle projekte in die maatskappy wat ondersoek word. Voorlopige ondersoek het voorgestel dat die sukseskoers van hierdie projekte aansienlik wissel. Kwalitatiewe gevallestudie-navorsing is uitgevoer deur middel van semi-gestruktureerde aangesig-tot-aangesig onderhoude. 'n Tematiese benadering is gebruik om die onderhouds-gegewens te organiseer en te interpreteer. Namate die data gekodeer is, het verskeie subtemas na vore getree, en uit hierdie temas is kritiese sukses- en kritiese mislukkingsfaktore identifiseer. Al hierdie faktore is bespreek en vergelyk met die literatuur vir relevansie. Die kritiese sukses- en kritiese mislukkingsfaktore is in drie kategorieë verdeel: insetvereistes, fase afskop riglyne, en deurlopende vrae. In hierdie formaat word hierdie faktore aanbeveel as moontlike verbeteringe aan die organisasie se bestaande nuwe produkontwikkelingsraamwerk.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )