SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue2Managing risk for success in a South African engineering and construction project environmentPareto optimal solutions for multi-objective generalized assignment problem author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    KHAN, A.A. et al. An integrated system for process-fixture layout design optimisation for cubical parts. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2019, vol.30, n.2, pp.83-99. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/30-2-2032.

    'n Geïntegreerde, rekenaargesteunde prosesbeplanning en rekenaargesteunde hegstuk-uitleg beplanningstelsel vir die outomatiese generasie van proses- en hegtingskaarte word voorgehou. Die onderdeel kenmerkmodel is gegenereer met verskeie algoritmes en die geometriese beredeneringsbenadering. Die kenmerk gebaseerde metodologie, wat op die masjineringsdata-basis gebaseer is, is dan toegepas vir die generasies van proseskaarte. Die opstellingskema algoritme ken elke kenmerk toe aan 'n bepaalde opstelling gebaseer op sy ligging. Die onderdeel geometriese databasis en opstellingsplan dra by tot die hegtingsuitleg beplanningsproses. Tydens hegstuk-uitlegbeplanning word die standaard hegstuk reëls toegepas om die ligging en haalbare verwysingspunt te bepaal saam met geskikte posisies deur middel van 'n hegstukdatabasis as vertrekpunt. Visual C++ is gebruik om die voorgestelde metodologie te implementeer omdat dit met bestaande rekenaargesteunde ontwerpspakkette kan koppel. 'n Gevallestudie word dan ter illustrasie voorgehou. Daarna word ANSYS se optimiseringsfunksie toegepas om die optimale klamp-posisies, wat werkstuk deformasie minimeer, te bepaal. Laastens word 'n eindige element analise wat deformasie-groothede aandui voorgehou.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )