SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    BHAGWAN, V.; GROBBELAAR, S.S.  and  BAM, W.G.. A systematic review of the due diligence stage of mergers and acquisitions: towards a conceptual framework. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2018, vol.29, n.3, pp.217-234. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/29-3-2061.

    Organisasies is deurlopend onder druk om te groei in die aangesig van verhoogde mededinging, veranderende omstandighede en toenemend verslapte land- en valuta-regulerende omgewings. Om hul status as 'n rolspeler of industrieleier te handhaaf, is dit van kern belang vir organisasies om ware groei te behaal. Samesmeltings en verwerwings is 'n eksterne meganisme vir organisasies om groei te behaal. Daar is verskillende stadiums in só 'n transaksie. Die noulettendheidsondersoek stadium van n transaksie speel n kritiese rol in die voortgaanbesluitneming van n ooreenkoms. Dit verskaf essensiële inligting wat gebruik word om onderhandelingspunte te stel, die vasstel van n aanbod en die daarstelling van integrasie aanbevelings. Hierdie proses moet dus doeltreffend bestuur word om 'n hoër waarskynlikheid van onderhandelingsukses te verseker. 'n Stelselmatige literatuurstudie is onderneem om die sleutelkonsepte te formuleer. n Noulettendheidsondersoek is multidissiplinêr van aard en dus beslaan die literatuurstudie 'n noemenswaardige reikwydte om sodoende n holistiese verstaan van die proses te bekom. Konsepte wat tydens die literatuurstudie identifiseer is, is saam gegroepeer om nuwe konsepte te vorm. Die resultaat is n konseptuele raamwerk wat die sleutel areas van n noulettendheidsondersoek saamvat.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )