Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
KIRSTEIN, J.C. and BRENT, A.C.. An investigation into the normalisation of water and energy usage in the brewery industry. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.4, pp.14-31. ISSN 2224-7890. https://doi.org/10.7166/28-4-1726.
Maatstawwe word dikwels gebruik om brouers te help met die identifisering van geleenthede vir verbetering; maar 'n vergelyking van water en energie vertonings in brouerye is gebrekkig sonder normalisering vir verskille tussen fasiliteite. Die normalisering van water en energie gebruik is dienooreenkomstig ondersoek, deur die gebruik van SABMiller brouerye as 'n gevallestudie. Drywers van water, elektrisiteit en hitte-energie gebruik, verkry uit die literatuur, is gekies, gerasionaliseer en ingedeel in 'n Delphi-opname van kundiges in die bedryf, en gekorreleer met die data van 64 SABMiller fasiliteite. Die belangrikste drywers is geïdentifiseer, en data van 58 SABMiller fasiliteite, is toe aangewend om multi-veranderlike lineêre regressie (MVLR) modelle te ontwikkel. Die modelle, getoets met data vanaf ses aparte SABMiller fasiliteite, is in staat om water, elektrisiteit en hitte-energie gebruik te voorspel binne 'n sewe persent fout. Deur die uitskakeling van die variasie in drywers binne die beheer van brouery personeel, is die MVLR modelle gebruik om die prestasie-indekse te normaliseer, en is die direkte vergelykings tussen fasiliteite moontlik gemaak.











