Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
South African Journal of Industrial Engineering
On-line version ISSN 2224-7890
Abstract
NABBIE, A. and STEYN, J.L.. Customer familiarity with new industrial product technology and its influence on adoption: the case of De Beers diamond extraction equipment. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2013, vol.24, n.1, pp.152-166. ISSN 2224-7890.
Die invloed is ondersoek van vertroudheid met nuwe tegnologie op nywerheidskliënte se aankoopbesluite van diskontinue nywerheidsprodukte. Dit is gedoen in die konteks waar die verskaffer- en kliëntorganisasies entiteite in dieselfde maatskappy is. Selfs in hierdie gunstige opset is ervaar dat kontinue nywerheidsprodukte meer verkoop, al is 'n beter oplossing beskikbaar. Literatuur oor hierdie tipe verhouding is skaars, hoofsaaklik omdat inligting oor sodanige interne prosesse normaalweg as mededingend beskou word. Die geval is ondersoek van die DebTech-afdeling van De Beers se ervaring met produkte wat dit vir die internasionale diamantmynbedryf ontwerp en vervaardig. Produkontwikkelaar- en kliëntdata van toepaslike projekte is ontleed, aangevul met onderhoude en waarnemings. Die resultate toon dat kliënte se vertroudheid met die produktegnologie hulle persepsies van nuutheid, veiligheid, en integreerbaarheid van nuwe-tegnologieprodukte gunstig beïnvloed. Tegnologievertroudheid verhoog hulle geneigdheid om nuwe-tegnologieprodukte aan te beveel en te koop.












