SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.35 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    BOTHMA, Theo J.D.  e  GOUWS, Rufus H.. Generatiewe Kunsmatige Intelligensie (GenKI) as inligtingswerktuig vir leksikografiese inligtingsbehoeftes. Lexikos [online]. 2025, vol.35, n.2, pp.276-295. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/35-2-2092.

    Hierdie artikel fokus op GenKI, kletsbotte en sommige implikasies daarvan vir leksikografie en woordeboekgebruik. Die gebruik van GenKI as 'n inligtingswerktuig wat inligting moet verskaf aan eindgebruikers (lesers) met spesifieke inligtingsbehoeftes wanneer hulle 'n teks lees, word bespreek. GenKI kon vroeër inhoud vergelykbaar met dié van 'n woordeboek verskaf, maar kon nie gekontekstualiseerde antwoorde verskaf nie. Dit het verander en die meeste kletsbotte het tans twee modi, naamlik 'n "soekmodus" en 'n "dink/redeneermodus". Hulle kan hulle verskillende betekenisvoorstelle logies binne die gepaste konteks beredeneer en neig om 'n oplossing aan te bied. Hierdie kenmerk word aan die hand van voorbeelde bespreek, en dit lyk asof kletsbotte nou korrekte kontekstuele betekenis kan verskaf en die keuse logies binne die konteks kan motiveer, gebaseer op hulle kritiese analise en denkvaardighede, alhoewel hulle steeds "hallusineer" as hulle nie 'n antwoord het nie. Hierna word die rol van woordeboeke en leksikograwe in 'n KI-versterkte wêreld bespreek. Die tradisionele opdrag van woordeboeke om die status en geskiedenis van 'n taal te dokumenteer, is steeds 'n belangrike funksie wat aangemoedig moet word, veral in omgewings met beperkte taalhulpbronne. Die verkenning van nuwe kommersiële ondernemings, insluitend die nuutste tegnologieë, is egter noodsaaklik vir die toekoms van die dissipline en die industrie.

    Palavras-chave : betekenis; generatiewe kunsmatige intelligensie; genki; hallusineer; inligtingsbehoetes; inligtingwerktuie; kletsbot; kontekstualisering; koppelvlak; teksbegrip.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )