Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
GOOSEN, Michelle e TALJARD, Elsabé. Terminologiebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks. Lexikos [online]. 2025, vol.35, pp.439-461. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/35-1-2049.
Hierdie artikel ondersoek die sistematiese bestuur van terminologiese inligting in Suid-Afrika deur middel van terminologiebestuursisteme. Daar word argumenteer vir 'n gestruk-tureerde benadering tot terminologiebestuur binne verskillende kontekste, naamlik op makro-, meso- en mikrovlak. Daar word spesifiek gefokus op terminologiebestuur binne die kommersiële konteks wat binne 'n organisasie produktiwiteit kan verhoog, doeltreffende kommunikasie kan verseker en opbrengs op belegging kan verbeter. Die belang van gebruikersgeoriënteerde terminologieprodukte word beklemtoon waar daar spesifiek aandag aan die profiel van die teikengebruiker gegee word. Verskeie tipes sagteware vir terminologiebestuur, d.i. losstaande, internetgebaseerde en mobiele toepassings, word bespreek. Hierdie bespreking sluit ook die kennisgebaseerde benadering tot terminologie in. Die artikel stel 'n praktiese terminologiewerkvloeidiagram voor wat geskik is vir die veeltalige Suid-Afrikaanse konteks. Dit wys op die noodsaaklikheid van verdere navorsing, institusionele ondersteuning en gebruikersbetrokkenheid om 'n volhoubare terminologie-infrastruktuur in Suid-Afrika te vestig.
Palavras-chave : terminologiebestuur; terminologiebestuursisteme; terminologieprodukte; kommersiële konteks; opbrengs op belegging; makro-; meso en mikrovlak; teikengebruiker; sagteware; kennisgebaseerde benadering tot terminologie; terminologiewerkvloeidiagram.












