Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904
Abstract
LALUASHVILI, Tamar and MARGALITADZE, Tinatin. Die semi-outomatiese opsporing van nuwe woorde in moderne Georgies. Lexikos [online]. 2025, vol.35, pp.399-413. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/35-1-2044.
Die studie van neologismes in die Georgiese taal het belangwekkend geraak as gevolg van die vinnige sosio-politieke veranderinge in die land nadat die Sowjetunie ineengestort het en die land onafhanklikheid herwin het. Die tegnologiese vooruitgang van die 21ste eeu het ook 'n rol gespeel. Hierdie ontwikkelings het gelei tot die ontstaan van talle nuwe terme en konsepte in die taal. Tot dusver was daar egter geen gevestigde metodologie om neologismes in moderne Georgies te identifiseer nie. Om hierdie kwessie te ondersoek, is 'n metodologie aan die Staatsuniversiteit van Ilia ontwikkel, wat gebaseer is op die bestudering van bestaande metodes wat op ander tale toege-pas word. 'n Korpus van die Georgiese taal is uit tekstuele materiaal wat van aanlyn platforms soos koerante, tydskrifte, aanlynmediawebtuistes, webtuistes van nieregeringsorganisasies, en web-tuistes van regeringsagentskappe verkry is, ontwikkel. Daarna is twee lemmatiseringshulpmiddels daarop toegepas om potensiële neologismes te identifiseer. In hierdie artikel word die metodologie vir die semi-outomatiese opsporing van nuwe woorde in moderne Georgies bespreek.
Keywords : neologisme; georgiese taalkorpus; lemmatiseerder; buite-woordeskatleksis; neologismeopsporingsmetodologie.












