Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904
Abstract
HUANG, Fang and HUANG, Jianhua. Die insluiting van neologismes in die hersiening van die Grand Dictionnaire Chinois-Français Contemporain. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.469-485. ISSN 2224-0039. https://doi.org/10.5788/34-1-1948.
Taalverandering bied, veral met die vinnige ontwikkeling van neologismes, voortdurende uitdagings aan leksikograwe. Die Grand Dictionnaire Chinois-Français Contemporain (GDCFC) is in 2014 gepubliseer waarna onmiddellik met die hersie-ning daarvan begin is om die woordeboek bygewerk te hou. 'n Sentrale fokus van die hersiening was die insluiting van nuwe woorde en nuwe betekenisse. In hierdie artikel word die woordeboek-hersieningspan se ervarings rakende die insluiting van neologismes beskryf. Hulle het gebruik gemaak van 'n wye spektrum bronne wat strek van die jongste eentalige en tweetalige woorde-boeke en eentalige en tweetalige korpusse tot aanlyn bronne. Vier hoofuitdagings wat die span tydens die deurlopende hersieningsproses teëgekom het, word bespreek: die insluiting van neologis-mes in die GDCFC wat ontbreek in Chinese gesaghebbende woordeboeke, die seleksie van variante neologismes en hul Franse ekwivalente, die dilemma rakende die insluiting van neologismes as inskrywings of bloot as voorbeelde, en die uitdaging om algehele relevansie tussen neologismes en bestaande inskrywings te verseker. Met inagneming van hierdie uitdagings word daar in hierdie arti-kel vier kriteria, naamlik deskriptivisme, aangevul deur preskriptivisme, frekwensie, aanvulling, en relevansie, voorgestel. Met die aanbevelings wat in hierdie artikel gemaak word, word daar gehoop om waardevolle insigte in toekomstige leksikografiese werk rakende neologismes in tweetalige woordeboeke te verskaf.
Keywords : grand dictionnaire chinois-français contemporain; neologismes; parallelle korpora; bronne; uitdagings; kriteria.












