SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34An Overview of English Dictionaries of AbbreviationsTowards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case Studies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    LU, Huaguo  and  GENG, Yundong. Die oorbrugging van polisemiese betekenisse in tweetalige gespesialiseerde woordeboeke vir ESD-leerders. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.486-508. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1949.

    Navorsing het getoon dat polise-miese betekenisse (betekenisskakels) gebruik kan en moet word om die aanleer van polisemie te vergemaklik. Betekenisskakels het egter min aandag in gespesialiseerde leksikografie ontvang aan-gesien die fokus op domeinspesifiekheid die aantal polisemiese betekenisse wat in gespesialiseerde woordeboeke opgeneem kan word, aansienlik verminder het. Die deskriptiewe skuif in terminologienavorsing en die implikasies wat die kognitiewe semantiek vir aanleerderwoordeboeke inhou, het die weg gebaan vir die verdere hantering van betekenisskakels in gespesialiseerde woorde-boeke vir leerders (GWL's). Deur rekenaarverwante leksikale items as voorbeelde te gebruik, word daar in hierdie artikel drie riglyne vir die hantering van polisemie in GWL's voorgestel met die doel om polisemiese betekenisse wat nie tot 'n gegewe vakgebied behoort nie, op te neem, terwyl die fokus steeds op die vakgebied bly. Vier modelle vir die beskrywing van betekenisskakels in tweetalige gespesialiseerde woordeboeke vir ESD-leerders (TGWL's) word ook voorgestel. Afhangende van die omvang van die oorvleueling tussen die doeltaalekwivalente (DT-ekwivalente) van die bron- en doelbetekenisse sowel as die gevolge van ander faktore, word die betekenisskakels voorgestel deur die betekenisse logies te orden, deur die bronbetekenis1 by te voeg, deur logiese ordening met 'n kort verklaring te kombineer, of deur die bronbetekenis en 'n kort verkla-ring te verskaf. Die riglyne en modelle kan help om die vernaamste situasies wat leksikograwe teëkom wanneer hulle betekenisskakels in tweetalige gespesialiseerde woordeboeke vir ESD-leerders beskryf, te hanteer, en hopelik bydra tot leerders se aanleer van tegniese betekenisse.

    Keywords : betekenisskakels; aanleer van tegniese betekenisse; twee-talige gespesialiseerde aanleerderwoordeboeke; domeinspesifiekheid; rig-lyne; modelle; semantiese afstand; oorvleueling van doeltaalekwivalente.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )