SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Exploring the Documentation and Preservation of African Indigenous Knowledge in a Digital Lexical DatabaseLexicographic Treatment of Zero Equivalence in isiZulu Dictionaries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    REES, Geraint Paul. Akademiese woordfamilies in aanlyn Engelse woordeboeke. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.437-468. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1947.

    Die woordfamilie-konsep is reeds wyd in woordeskatnavorsing in die onderrig en aanleer van vreemde en tweede tale ingespan. Die onderliggende aanname word gemaak dat wanneer leerders een lid van 'n woordfamilie ken, hulle ook ander lede kan herken. Empiriese navorsing steun hierdie aanname ten opsigte van reseptiewe kennis van fleksieverwante woordvorme. Studies van akademiese skryfwerk toon egter dat die gebruik van toepaslik afgeleide vorme van 'n bekende woord 'n uitdaging bied, wat daarop dui dat daar 'n behoefte aan woordeboeke met morfologiese steun vir skrywers bestaan. Tradisioneel kon, deels weens ruimtebeperkings, nie aan hierdie behoefte in papiergebaseerde woordeboeke voldoen word nie. In hierdie studie word beoog om vas te stel of daar in vyf aanlyn Engelse woordeboekwebtuistes wel hieraan voldoen word. Die hantering van vier-en-sewentig akademiese woordvorme waarmee akademiese skrywers sukkel om afleidings daarvan te vorm wanneer hulle die verwante basiswoord teëkom, word geanaliseer. Die resultate dui op goeie verteenwoordiging van die afgeleide vorme in die woordeboekwebtuistes wat ondersoek is, maar toon ook teenstrydighede binne en tussen hulpbronne t.o.v. die metode waarop die vorme hanteer word. Verskille sluit die status as inskrywings of subinskrywings en die voorsiening van skryfhulpkenmerke soos voorbeelde, grammatikale patrone en kollokasie-inligting in. Ten slotte word veranderings aan die hantering van afleidings voorgestel om akademiese skrywers beter van hulp te kan wees.

    Keywords : akademiese skryfwerk; afgeleide vorme; leksikografie; morfologie; aanlyn woordeboeke; woordeskatverwerwing; woordfamilies; skryfhulp.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )