SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    GOUWS, Rufus H.  e  BOTHMA, Theo J.D.. Aspekte van inligtingsonttrekkingstrukture in aanlyn woordeboeke. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.355-370. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1941.

    In gedrukte woordeboeke met 'n statiese artikel- en boekstruktuur is die verhouding tussen die verspreiding van data en die onttrekking van inligting eenvoudig en die meeste woordeboeke volg min of meer dieselfde ordeningstelsels. Aanlyn woordeboeke vertoon dinamiese strukture met data wat dikwels op verskillende vlakke en in verskillende vakke aangebied word. Dit dwing die gebruiker om afwaarts (of vertikaal) en sywaarts (of horisontaal) in 'n artikel of bepaalde artikelkommentare te beweeg en om soekprosedures te volg wat nuwe strukture soos uitgebreide kommentare en selfs nuwe soekposisies soos soektonnels in ag moet neem. Dit is uiters belangrik dat gebruikers bewus moet wees van die volle spektrum data in 'n leksikografiese produk en dat hulle daartoe in staat moet wees om die datatipe wat vir hulle ter sake is, te kan kies. Gebruikers van leksikografiese produkte het ondersteuning nodig om 'n optimale onttrekking van inligting te verseker. Gevolglik moet leksikograwe moeite doen om 'n inligtingsonttrekkingstruktuur te skep wat gebruikers kan help om suksesvolle woordeboekraadpleging te verseker. Dit kan verfyning van die databasisstruktuur van die woordeboek vereis, en die ontwikkeling van 'n gevorderde koppelvlakontwerp wat nuwe kenmerke en navigasie-opsies aan die gebruiker beskikbaar kan stel. Dit beklemtoon weer eens die noodsaaklikheid van 'n multidissiplinêre span in die ontwikkeling van 'n woordeboek om 'n geskikte finale produk aan die gebruiker te kan bied. Hierdie artikel bied voorstelle vir gestruktureerde en kitstoegang tot data en die gebruik van datamerkers om gebruikers te lei na aanduiders in komplekse woordeboekartikels. Die klem is ook op die gebruikersvriendelikheid van leksikografiese instrumente wat die gehalte van intuïtiewe woordeboekgebruik kan verbeter.

    Palavras-chave : aanlyn woordeboeke; artikelstruktuur; beperkte artikel; inligtingsonttrekkingstruktuur; kontekstualisering; omvattende artikel; semantiese subkommentaar; skakeling; soeksone; soektonnel; vakke; vlakke.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )