SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Creating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    GE, Xiaoshuai; ZHANG, Songshan; XU, Hai  e  ZHANG, Xian. 'n Evaluerende oorsig van studies oor woordeboekgebruik en taalleer. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.331-354. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1940.

    In hierdie artikel word 'n evaluerende oorsig van empiriese studies oor woordeboekgebruik en taalleer aangebied, met die doel om die ontwikkeling van die veld asook die tendense in die veld oor 'n spesifieke tydperk, sistematies te ondersoek. Gebaseer op die analise van die inhoud van 104 joernaalartikels wat tussen 1992 en 2024 gepubliseer is, word daar verskeie belangrike bevindings in hierdie studie gemaak. Die ontleding van publikasietendense dui daarop dat daar 'n oplewing in navorsingsbelangstelling ná 2010 is, grootliks as gevolg van die opkoms van die digitale tegnologie en die toenemende erkenning van die rol van woordeboeke in selfgerigte leer. Terwyl die "Groot Ses"-woordeboeke wyd in studies gebruik word, het hul elektroniese eweknieë ontwikkel in die dominante woordeboekvorm, wat die impak van die Digitale Revolusie weerspieël. Daar word aan die lig gebring dat ontwerpstudies wat gemengde metodes behels, al meer voorkom, wat toenemende besorgdheid in die veld weerspieël oor sowel die leeruitkoms wat deur woordeboekgebruik teweeggebring word as die leerders se kognitiewe prosesse wat by woordeboeknaslaangedrag betrokke is. Daar is ook bevind dat daar oormatig gesteun word op gevorderde en intermediêre EVT-/ETT-leerders om resultate te verkry, wat die behoefte aan navorsing wat leerders van uiteenlopende tweedetaaldoeltale en gevarieerde tweedetaalvaardigheidsvlakke betrek, beklemtoon. Ten spyte van die groot potensiaal van elektroniese woordeboeke om taalleer in domeine soos die grammatika, pragmatiek en uitspraak te ondersteun, bly navorsing op hierdie gebiede, verrassend genoeg, beperk. Hierdie evaluerende oorsig beklemtoon die behoefte aan verdere navorsing, veral dié wat met longitudinale ontwerp en in natuurlike kontekste uitgevoer word, om sodoende 'n holistiese opvatting te bevorder van hoe woordeboeke taalleer kan verbeter.

    Palavras-chave : woordeboek; woordeboekgebruik; woordeboeknaslaanpogings; taalleer; taalverwerwing; evaluerende oorsig; tweede taal; evt-/ett-leerders.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )