SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34A Model for an Online Specialized Dictionary for GISCreating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    NIELSEN, Sandro. Woordeboeke in konteks, konteks in woordeboeke: Hulpmiddels vir regsvertaling. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.288-308. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1936.

    Vertalers werk met konteks en regsvertalingswoordeboeke kan hulpmiddels wees wat sodanige konteks verskaf. Aangesien leksikograwe egter tussen verskillende tipes kontekste onderskei, is dit relevant om te ondersoek watter kontekste benodig word om regsvertalers van hulp te wees. Daar moet ook in ag geneem word dat regsvertaling 'n interdissiplinêre aktiwiteit is wat bevoegdhede en vaardighede rakende die regte, taal en vertaling behels. Voorts behels regsvertaling ook 'n dekoderings-, oordrag- en enkoderingsfase, wat elkeen verskillende tipes kontekste van regsvertalingswoordeboeke vereis. 'n Ondersoek na konteks in regsvertalingswoordeboeke waarin die tale Deens, Engels, Frans, Duits, en Noorweegs, hanteer word, bring aan die lig dat dit nodig mag wees om tussen die konteks van woordeboeke as inligtingshulpmiddels (woordeboeke in konteks) en die konteks wat verband hou met die data wat hulle bevat (konteks in woordeboeke) te onderskei. Om woordeboeke binne konteks te plaas, behels hul formaat, grootte, bestek, inhoud, gebruik en gebruikersgroepe, terwyl die plasing van konteks in woordeboeke die volgende behels: pragmatiese kontekste, sintakties-semantiese kontekste, en gebruikskonteks wat verband hou met die brontaal- sowel as doeltaalitems, insluitende konsepte, terme, kollokasies, frases, vertalingsekwivalente, voorbeeldsinne, woordeboek-interne kruisverwysings, en woordeboek-eksterne kruisverwysings.

    Keywords : regte; terminologie; fraseologie; tweetalige woordeboeke; vertaalwoordeboeke; kontekstuele data; kontekstualisering; regsleksikografie.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )