SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34Sethantso sa Sesotho and Sesuto-English Dictionary: A Comparative Analysis of their Designs and Entries*Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical Considerations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    JIN, Yang  and  WEN, Shuo. Die huidige stand van die OBI DICT-projek: 'n Tweetalige e-woordeboek van orakelbeeninskripsies wat gebruik maak van KI-beeldherkenning. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.198-212. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/34-1-1906.

    In hierdie artikel word verslag gelewer oor die huidige stand van die OBI DICT-projek, 'n tweetalige e-woordeboek van orakelbeeninskripsies (OBI), wat kunsmatige intelligensie- (KI-) beeldherkenningstegnologie gebruik. Daar word eers 'n oorsig gegee van die ontwikkeling van die leksikografiese werke oor orakelbeendere. Daarna word leemtes in bestaande orakelbeenwoordeboeke geïdentifiseer en die dringende behoefte aan die samestelling van 'n nuwe woordeboek word beklemtoon. In die daaropvolgende twee afdelings word die ontstaan en doelwitte van die projek uiteengesit en daarna word die ontwerp daarvan beskryf. Die vier hooffases van die projek, nl. materiaalversameling, literatuurbeskouing, inhouds- en koppelvlakontwerp, en soekenjin- en KI-beeldherkenningsontwerp, word in die derde afdeling in besonderhede beskryf. In die slotafdeling word breedvoerig uiteengesit hoe die die soekvereistes van gebruikers in die OBI DICT aangespreek en die bruikbaarheid gemaksimaliseer word, om sodoende aansienlike steun aan kontemporêre orakelbeennavorsing te verleen, wat die leerproses vir leke vergemaklik, en die leserstal wat belangstel in orakelbeendere, uitbrei.

    Keywords : orakelbeeninskripsies; orakelbeen- leksikografiese werke; orakelbeendatabasisse; tweetalige woordeboek; ki-beeldherkenning; masjienleer; woordeboeksamestelling.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )