SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Die strukturering van 'n versameling leksikografiese data vir verskillende gebruikers- en gebruiksituasies. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.22-42. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/33-2-1832.

    Volgens Fuertes-Olivera en Tarp (2020) word die leksikografie tans gevorm deur drie verwante tendense: (a) die toenemende gebruik van ontwrigtende tegnologieë; (b) die noodsaaklikheid om nuwe sakemodelle wat nuwe leksikografiese projekte kan finansier, te vind; en (c) die voorkoms van groeiende kompetisie van ander inligtingsbronne, bv. Google. Hierdie tendense het 'n bepaalde invloed op gespesialiseerde woordeboeke, wat hier gedefinieer word as hulpmiddels wat gebiede buite die algemene kulturele kennis en ooreenstemmende Taal vir Algemene Doeleindes (TAD) dek. Hierdie artikel steun die beskouing dat leksikograwe bogenoemde tendense kan hanteer deur gestruktureerde versamelings leksikografiese data met detail voor te berei wat maklik in inligting omskep kan word en in woordeboekskryfstelsels (WSSs) geberg kan word wat veelvoudige kombinasies en moontlike afvoere moontlik maak. Hierdie opsie is toepaslik vir die tendense, aangesien dit voldoende tegnologieë gebruik, bv. metodes vir profielsamestelling of geïndividualiseerde soektogte, steun bied aan 'n nuwe sakemodel wat gebaseer is op die skep van leksikografiese data wat baie verskillende hulpmiddels kan voed, bv. Write Assistant (Fuertes-Olivera en Tarp 2020), en beter en meer presiese inligting as dié van Google en ander inligtingshulpmiddels kan aanbied.

    Keywords : leksikografiese data; tegnologie; gespesialiseerde taal; gespesialiseerde leksikografie; e-leksikografie.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )