SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    XUE, Mei  and  TARP, Sven. Op weg na Chinese aanleerderswoordeboeke vir buitelan-ders wat in China woon: Enkele probleme verwant aan lemmaseleksie. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.384-404. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/28-1-1470.

    Gedurende die afgelope dekades het verskeie woordeboeke vir vreemdetaalleerders van Chinees ver-skyn. Buiten een prentewoordeboek wat byna heeltemal in die akademiese literatuur geïgnoreer is, het geeneen van hierdie woordeboeke die spesiale behoeftes wat buitelanders wat in China woon en Chinees aanleer, mag hê, in ag geneem nie. In hierdie artikel word hierdie behoeftes, met spe-siale fokus op lemmaseleksie, bespreek. Ons argumenteer dat buitelanders wat in China woon, addisionele woorde benodig wat tipies voorkom in sosiale kontekste waarin hulle hulself dikwels bevind, ongeag of hierdie woorde 'n hoë korpusfrekwensie het of nie. As oplossing hiervoor beveel ons 'n stel seleksiekriteria aan wat korpusfrekwensie en konteksrelevansie kombineer. Laastens bespreek ons hoe loglêers wat gebruikersgedrag weerspieël, as 'n nuwe en baie betroubare empi-riese bron vir lemmaseleksie vir 'n aanlyn Chinese aanleerderswoordeboek gebruik kan word.

    Keywords : chinese aanleerderswoordeboeke; lemmaseleksie; sosiale kontekste; korpusfrekwensie; konteksrelevansie.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )