SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versão On-line ISSN 2219-8237versão impressa ISSN 0258-2279

    Resumo

    SHOBER, Dianne. 'n Uitnodiging tot ekofeministiese benaderings in die oeuvre van Sindiwe Magona. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-10. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1392.

    Die globale uitdagings van omgewingsverwoesting en geslagsgebaseerde onreg vereis 'n multifokale benadering ten einde doeltreffende oplossings te vind. Terwyl erkenning gegee word aan die effektiewe pogings geïnisieer deur die sosiale en natuurwetenskappe om hierdie gebiede van agteruitgang te bekamp, bied die artikel verdere potensiële bemiddeling deur middel van die ekofeministiese literêre kritiek. Deur geselekteerde werke van die swart Suid-Afrikaanse skrywer Sindiwe Magona te ondersoek, beoog die artikel om die waarde van literatuur as 'n instrument teen die retoriese en vernietigende politieke en patriargale paradigmas wat die natuur en vroue onderdruk het, te openbaar. Dit beoog verder om deur middel van die ekofeministiese diskoers blywende globale verandering daar te stel.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )