SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 número1Prevalence of zinc deficiency among primary school children in a poor peri-urban informal settlement in South AfricaA woman-centred childbirth model índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Health SA Gesondheid (Online)

    versão On-line ISSN 2071-9736versão impressa ISSN 1025-9848

    Resumo

    PRETORIUS, Chrisma  e  JOUBERT, Ninon. The experiences of individuals with Multiple Sclerosis in the Western Cape, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-12. ISSN 2071-9736.

    AGTERGROND: Veelvuldige Sklerose (VS) is 'n aftakelende en degerenatiewe lewenslange neurologiese toestand wat blyk of dit toenemend meer algemeen in Suid-Afrika voorkom. OBJEKTIEF: Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om die persoonlike ervarings van individue met VS binne die Suid-Afrikaanse konteks te ondersoek. Die fokus van hierdie studie was op die uitdagings wat individue met VS in die gesig staar, sowel as die hulpbronne wat hulle help met die hantering van hierdie ernstige neurologiese toestand. METODE: Tematiese analise is gebruik om die semi-gestruktureerde onderhoude te ondersoek, wat gevoer is met tien individue met VS. RESULTATE: Verskeie temas wat verband hou met die deelnemers se ervarings van 'n lewe met VS het na vore gekom. Hierdie temas het verskeie uitdagings ingesluit wat die deelnemers op 'n daaglikse basis in die gesig staar, soos die proses om korrek gediagnoseer te word, daaglikse lewe, onsigbare siekte en mediese fonds skemas. 'n Aantal hulpbronne wat hierdie individue help om VS te hanteer het ook na vore gekom en bestaan uit sosiale ondersteuning, mobiliteit hulpmiddels, geloof en kennis oor VS. GEVOLGTREKKING: Dit is duidelik uit die bevindinge dat alhoewel individue wat lewe met VS, wat 'n ernstige neurologiese toestand is, verskeie uitdaging op 'n daaglikse basis in die gesig staar, hulle beskik oor verskeie hulpbronne wat hulle help om hierdie toestand effektief te hanteer. Die bevindinge van hierdie studie rakende kennis van die uitdagings wat hierdie individue in die gesig staar en die hulpbronne wat individue met VS gebruik sal hopelik 'n bewustheid skep en bydra tot die ontwerp en implimentering van intervensies vir sulke individue.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )