SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 número1Foreign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in NamibiaA complicated grief intervention model índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Health SA Gesondheid (Online)

    versão On-line ISSN 2071-9736versão impressa ISSN 1025-9848

    Resumo

    CILLIERS, Frans  e  TERBLANCHE, Landa. The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managers. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

    Die meestal liniêre en meganistiese aard van die verpleegbestuursrol is vinnig besig om na 'n meer dinamiese en sistemiese rol te verander. Die verandering behels taak- en mensbestuur binne 'n steeds veranderende organisasie-identiteit, waar 'n verskeidenheid rolle opgeneem word, die self en ander in 'n komplekse matrikssisteem bemagtig word, en waartydens bewuste en onbewuste sielkundige grense in en tussen botsende sisteme bestuur word. Die doel van hierdie studie was om die sisteem-psigodinamiese leerervaringe van verpleegbestuurders tydens leierskapafrigting te beskryf. Die afrigtingstaak was om leergeleenthede aan die individuele leier beskikbaar te stel vir die ontwikkeling van insig in bewuste en onbewuste leierskapsdinamika in terme van angs, taak, rol, outoriteit, grense en identiteit. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik. Ses verpleegbestuurders het tien leierskapafrigtingsessies oor tien weke bygewoon. Veldnotas en besinnende opstelle is deur middel van sisteem-psigodinamiese gespreksanalise ontleed. Die bevindinge dui op duidelikheid oor en bemagtiging in hulle primêre taak en normatiewe rol; angs en ontmagtiging in hulle ervarings- en fenomenale rolle; angs in grenshandhawing wat verband hou met magsmisbruik deur andere; en die voortdurende ondersoek en integrasie van leierskapsrol-identiteit. Deelnemers se leerervarings is na aanleiding van kriteria vir organisasieleer geëvalueer, waarna die algemene hipotese geformuleer is.

    Palavras-chave : coaching; task; role; authorisation; boundaries; identity.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )