Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Journal of Literary Studies
versão On-line ISSN 1753-5387versão impressa ISSN 0256-4718
Resumo
LINDE, Janien. "'n Talent vir verwondering": Die performatistiese dubbelraam en karakters met outistiese eienskappe in Marlene van Niekerk se kortverhaal-oeuvre. JLS [online]. 2025, vol.41, n.1, pp.1-20. ISSN 1753-5387. https://doi.org/10.25159/1753-5387/18499.
Hierdie artikel ondersoek Raoul Eshelman se konsep van die performatistiese dubbelraam soos dit manifesteer in Marlene van Niekerk se kortverhaal-oeuvre, met 'n spesifieke fokus op haar voorstelling van karakters met outistiese eienskappe in twee kortverhaalbundels: Die vrou wat haar verkyker vergeet het (1992) en Die sneeuslaper (2010). Eshelman se teorie, wat narratiewe rame gebruik om lesers te dwing om 'n spesifieke interpretasie van die verhaal aan te neem, bied 'n lens waardeur Van Niekerk se vertellings ontleed kan word. Sulke karakters speel 'n integrale rol in Van Niekerk se kortverhale om beraamde narratiewe scenario's te konstrueer waartydens die leser meegevoer word om die fabelagtig elemente in verhaal te aanvaar, en sodoende skeptisisme op te skort. Die artikel argumenteer dat hierdie narratiewe strategie 'n performatiewe betrokkenheid met die teks moontlik maak, waardeur die leser die wêreld van die verhaal as werklik kan ervaar en gevolglik 'n gevoel van betowering kan ervaar. Verder identifiseer die artikel 'n beduidende verskuiwing in Van Niekerk se oeuvre: waar vroeëre voorstellings van karakters met outistiese eienskappe hul marginalisering en uitwerping uit die samelewing beklemtoon het, posisioneer latere werke hierdie karakters as sentrale figure wat die narratief se temas van geloof, persepsie, en inspirasie dryf. Hierdie evolusie weerspieël 'n genuanseerde benadering tot die uitbeelding van karakters wat intellektueel "anders" is sowel as die gebruik van narratiewe beraming, en beklemtoon Van Niekerk se bydrae tot die hedendaagse Suid-Afrikaanse literatuur as 'n ruimte waarin die grense van vertelling herverbeel kan word.
Palavras-chave : performatistiese dubbelraam; karakters met outistiese eienskappe; narratiewe beraming; Marlene van Niekerk; post-postmodernisme.











