SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número4(The) Utopia(n) and becoming (other) in Neill Blomkamp's science-fiction trilogy: District 9 (2009), Elysium (2013) and Chappie (2015)Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyond índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    PRETORIUS, Joelien  e  SAUER, Tom. Die eliminering van kernwapens in die konteks van die verbod op oorlog. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.4, pp.1058-1077. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n4a6.

    'n Verbod op kernwapens (soos vervat in die Verdrag insake die Verbod op Kernwapens, 2021 - hierna die Kernwapenverbod genoem), en uiteindelik ook die algehele eliminering van sulke wapens, moet in die konteks van die verbod op oorlog (soos vervat in die Kellogg-Briand-verdrag, 1928) geplaas word. Tot op hede, is die verbod op kernwapens grootliks in die konteks van internasionale humanitêre reg geplaas. Maar dié kontekstualisering hanteer nie die idee dat kernwapens lande afskrik van oorlog, sogenaamde "kernvrede", bevredigend nie. Hierdie artikel het ten doel om die Kernwapenverbod te kontekstualiseer in 'n stel breër argumente wat die idee verwerp dat kernwapens vrede bewerkstellig. Die Kernwapenverbod het nie net ten doel om in 'n oorlog die gebruik van wapens wat massavernietiging sonder onderskeid veroorsaak, te voorkom nie. Dit is ook 'n belangrike stap in die verwerping van konvensionele aanvalsoorloë agter 'n kernskild as aanvaarbare nasionale beleid. Die literatuur wat die uitwerking van die Kellogg-Briand-verdrag hersien, bied 'n manier waarop 'n mens die verband tussen kernwapens en ius ad bellum kan bedink. Dié denkwyse neem die verbod op oorlog en die nuwe internasionale regsorde waartoe dit aanleiding gegee het, as die eksplisiete konteks waarin die Kernwapenverbod ontstaan het. Wat hierdie konteks vir die politieke werk beteken wat nodig is om 'n kernwapenvrye wêreld tot stand te bring, word dan ondersoek. Vyf maniere waarop so ' n kontekstualisering die Kernwapenverbod kan bevorder, word in die artikel voorgelê. Die stelsel wat deur die Verenigde Nasies (VN) ontwikkel is om vrede te bewerkstellig deur middele soos kollektiewe sekuriteit, bemiddeling, en vredesoperasies, word ondermyn omdat sekere state op 'n kernafskrikkingsbeleid steun. Wanneer kernwapens nie meer 'n beleidsopsie is nie, word die VN se middele meer relevant en verkry hulle 'n groter kans op sukses. Die Kernwapenverbod is 'n uitvloeisel van die verbod op oorlog en nog 'n verdrag waardeur "positiewe vrede" 'n orde kan konsolideer waarin aanvalsoorloë reeds verbied is. In teenstelling met kernafskrikking is die Kernwapenverbod gegrond op dieselfde normatiewe diskoers waarop die Kellogg-Briand-verdrag berus.

    Palavras-chave : Eliminering van kernwapens; oorlog; Kernwapenverbod; kernaf-skrikking; Kellogg-Briand-verdrag; Handves van die Verenigde Nasies; ius in bello; ius ad bellum; Kernsperverdrag.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )