SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número4Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 2The vulnerability of children in the context of South African households and families índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    SENEKAL, Burgert. Afskrikking in die konteks van hedendaagse strategiese mededinging: Lesse uit Oekraïne. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.4, pp.1040-1057. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n4a5.

    Hierdie artikel ondersoek die effektiwiteit van afskrikking as 'n veiligheidstrategie in die konteks van hedendaagse strategiese mededinging, en fokus op lesse uit die 2022-Russiese inval in Oekraïne. Die artikel bespreek die historíese konteks van NAVO se uitbreiding en Rusland se toenemend aggressiewe optrede wat tot die inval gelei het. Die konsep van afskrikking word ook bespreek, asook soorte afskrikking - afskrikking deur weiering, afskrikking deur straf, en verlengde afskrikking - en deurslaggewende aspekte van afskrikking soos vermoë, wil, geloofwaardigheid, kommunikasie en opvattings. Die oorlog in Oekraïne beklemtoon die beperkings van afskrikking teen vasberade teëstanders en die belangrikheid van robuuste, aanpasbare verdedigingstrategieë vir kleiner state. Sleutellesse sluit in die noodsaaklikheid van formele verdedigingsooreenkomste vir verlengde afskrikking, die handhawing van geloofwaardige en uitgebreide militêre vermoëns en die duidelike kommunikasie van verdedigingsvermoëns. Die konflik beklemtoon ook die blywende relevansie van konvensionele magte, die behoefte aan tegnologiese vooruitgang en die belangrikheid daarvan om 'n teëstander se kostevoordeelberekening en risikotoleransie akkuraat te bepaal.

    Palavras-chave : afskrikking; militêr; NAVO; Oekraïne; Rusland; strategie; veiligheid; die Weste.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )