SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número4Explorations in a post-normal landscape: South Africa this side of and beyond Covid-19(The) Utopia(n) and becoming (other) in Neill Blomkamp's science-fiction trilogy: District 9 (2009), Elysium (2013) and Chappie (2015) índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    NEETHLING, Theo. Private militêre maatskappye as proksiemagte in die internasionale politiek met besondere verwysing na operasies deur die Russiese Wagner-groep/Afrika-korps in Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.4, pp.1021-1039. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n4a4.

    Een van die kenmerke van die wêreld ná die Koue Oorlog is dat proksiemagte toenemend deur groot en/of invloedryke moondhede gebruik word as buitelandse beleidsinstrumente in konflikte of waar eksterne veiligheidsdilemmas van die een of ander aard manifesteer. Oor die afgelope drie dekades het veral die aanwending van private militêre maatskappye (PMM'e) as proksies in konfliksituasies 'n beduidende toename getoon. Dit het saamgeval met die uitkontraktering van militêre en/of veiligheidsfunksies deur verskeie regerings en hulle weermagte. So byvoorbeeld het die Russiese regering die Wagner-groep (hierna "Wagner") - wat vroeg in 2024 herdoop is na die Afrika-korps1 - sedert 2017 as 'n laekoste- paramilitêre instrument gebruik om sy betrokkenheid en buitelandse beleidsdoelwitte op die Afrika-kontinent na te jaag of uit te bou. Wagner se leier en bevelvoerder, Yevgeny Prigozhin, het twee maande ná 'n rebellie in Augustus 2023 in 'n vliegtuigongeluk omgekom. Hierdie voorval het verskeie waarnemers en ontleders gemotiveer om indringende vrae te stel oor die toekoms van Wagner en sy bedrywighede in Afrika. Gegewe hierdie vrae is die doel van hierdie artikel om die voortgesette funksionering van die Wagner/Afrika-korps as 'n unieke paramilitêre entiteit onder die loep te neem. Die fokus val spesifiek op die Wagner/Afrika-korps se betrokkenheid in vier Afrikastate waar die groep tans besonder invloedryk is in die politieke en veiligheidsdinamika van die betrokke state, naamlik Libië, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, en Mali.

    Palavras-chave : Rusland; proksiemagte; Wagner-groep; Afrika-korps; private militêre maatskappye; buitelandse beleidsinstrumente.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )