SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número4The Covid-19 pandemic: An opportunity for reflection on the place of humanity in relation to nature?Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    HERMAN, Fanie. Redes vir 'n moontlike Chinese inval in Taiwan teen 2030: 'n Strategiese raamwerk vanuit 'n Chinees-nasionalistiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.4, pp.1003-1020. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n4a3.

    China se President, Xi Jinping, se strategie om Taiwan teen so gou as 2030 te annekseer, is 'n besliste moontlikheid omdat toestande vir 'n vreedsame vereniging al hoe skraler is. Hierdie stelling word gemaak op grond van die feit dat China se ambisieuse en geostrategiese doelwitte deur middel van ekspansionistiese gedrag teen Taiwan aangedryf word. Die gedrag berus op drie fondamente. Die eerste is President Xi se totalitere leierskapstyl wat maguitoefening as 'n aanvaarbare middel beskou om Taiwan binne te val. Die tweede is die modernisering van die Chinese weermag wat as versterkende fondament dien om die eiland aan te val. Die derde is 'n verandering in die demografiese samestelling van die Chinese gemeenskap en president Xi se lewensverwagting. Die drie fondamente verskaf 'n strategiese voorbode: indien president Xi voortgaan om anneksasie na te streef, sal die weermag stappe doen om hierdie ambisie teen 2030 te verwesenlik. In hierdie artikel word die moontlike inval in Taiwan ook beskou teen die agtergrond van China se verouderende bevolking en Xi se nalatenskap. Die artikel bied eerstens 'n oorsig oor die verskynsel, beskryf vervolgens die fondamente wat bydra tot Xi se strategiese geleentheidsvenster en sluit af met die geopolitieke gevolge vir die streek en internasionale sekuriteit.

    Palavras-chave : China-Taiwan-konflik; unifikasie; Xi Jinping; demokrasie; totalitarisme; geostrategiese doelwitte.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )