SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número3The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    JOHL, Ronél. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.947-971. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a11.

    In die eerste van drie gevallestudies oor die literêre biografie in konteks het ek gekyk na die wyse waarop die konteks waarbinne Leon de Kock se André P Brink en die spel van liefde ontstaan het en gepubliseer is en die daarmee verbandhoudende omstredenheid kon bygedra het tot die destabilisering van die teks in die sosiale verbeelding en die gevolglike twyfel oor die wetenskaplike integriteit van die biografie waarop sommige kritici aanspraak maak. In die huidige stuk val die fokus meer spesifiek op die destabilisering van elemente wat dikwels as "voorvereistes" vir 'n wetenskaplike biografie voorgehou word: "feitelikheid", "objektiwiteit" en "waarheid". Die eerste twee formele biografieë oor die Amerikaanse skrywer Philip Roth, wat twee jaar ná die biografie van Brink verskyn het en eweneens in 'n kontroversie betrek is, word as gevallestudies gebruik met die oog op die moontlike veralgemening van gevolgtrekkings.

    Palavras-chave : waarheid in biografie; objektiwiteit in biografie; feitelikheid in biografie; gevallestudie; gemagtigde biografie; ongemagtigde biografie; akademiese biografie; die argief.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )