Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
EKSTEEN, Riaan. Terugblik op Brexit: Gevolge ná nege jaar. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.852-879. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a6.
Brexit veroorsaak ingrypende gevolge vir beide die Verenigde Koninkryk (VK) en die Europese Unie (EU) en dit het ná nege jaar nog steeds 'n beduidende uitwerking op 'n magdom gebiede het. Gevolglik het Brexit 'n hoogs ongunstige en polities nadelige kwessie geword. Die onttrekking uit die EU het geen noemenswaardige ekonomiese voordele meegebring nie. Geleidelik het oorblywende vertroue in die Britse politieke elite vervaag. In die algemene verkiesing van 2024 het die Konserwatiewe Party (Tories) reperkussies in die gesig gestaar. Nege jaar van onwrikbare konsentrasie op Brexit terwyl dringende sake afgeskeep is, is beëindig toe kiesers bewus geword het daarvan dat die land nie meer doeltreffend funksioneer en behoorlik regeer word nie. Lewensomstandighede het afgeneem namate die regerende party hom skynbaar verlustig het in 'n oorvloed van skandale, onbehoorlikheid en korrupsie. Die Tories het hul mees betekenisvolle terugslag in enige verkiesing ooit beleef. Die prys wat vir Brexit betaal is en steeds betaal word, betrek elke aspek van staatsadministrasie. Landsburgers se lewenskwaliteit en die land se aansien het afgeneem en die algehele prentjie van wat Brexit veroorsaak het, is somber.
Palavras-chave : arbeidersparty; Brexit; doeane-unie; Eerste Minister; ekonomiese konsekwensies; enkelmark; Europese Unie; Konserwatiewe Party; politieke uitwerking; Verenigde Koninkryk.












