SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número3The Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in AfrikaansThe source text for the 2020 Afrikaans translation of the New Testament índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    VAN NIEKERK, Anton A. Wetenskap en etiek: Perspektiewe op waarde- en morele oorwegings in hedendaagse wetenskaps-beoefening. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.841-851. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a5.

    Hierdie artikel handel oor die rol van waarde-oorwegings in wetenskapsbeoefening. Dit behels 'n verdere ontwikkeling van die grootliks gevestigde problematisering van die waarde-dichotomie van kennis (wetenskap). Hierdie dichotomie, wat herlei kan word na Francis Bacon (16de eeu) en voorts aanmerklike stukrag verwerf het in die denke van Immanuel Kant (18de eeu), is eers na behore bevraagteken in die loop van die twintigste eeu, veral as gevolg van die werk van die post-empiristiese insigte van denkers soos Karl Popper, Thomas Kuhn, Imre Lakatos, Stephen Toulmin en Paul Feyerabend. Die skrywer analiseer waarde-oriëntasie in wetenskapsbeoefening wat voortspruit uit die erkenning van die spanningskeppende faktore in die praktyk van wetenskapsbeoefening - faktore soos verlies aan vertroue, gesagserkenning of -ontkenning, professionele aspirasies, ambisie, en dergelike meer. Die kernbegrippe waaroor die artikel handel (wetenskap, waardes, moraliteit en etiek) word indringend geanaliseer. 'n Aantal gevallestudies wat wys op die verweefdheid van waardes en kennisverwerwing word uitvoerig aan die orde gestel. Hieronder tel die Eddington-eksperiment vir die toetsing van die Algemene Relatiwiteitsteorie in 1919, sowel as (in die negentigerjare van die vorige eeu) die dispuut oor die wenslikheid van drasties verkorte protokolle van antiretrovirale middels vir swanger vroue wat MlV-positief toets in arm lande soos in Afrika. Die outeur sluit af deur die konsep van "lokale moraliteite" te verduidelik en te kritiseer, veral vir soverre laasgenoemde konsep die strewe na die universele geldigheid van etiese teorieë (sterk gepropageer deur Peter Singer) in die gedrang bring.

    Palabras clave : moraliteit; etiek; kennis; wetenskap; waardes; lokale moraliteite; hiper-outeurskap; hoofondersoeker; universaliteit.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )