Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
DU PLESSIS, Elize. Die potensiële uitwerking van die generatiewe vooraf afgerigte transformator (ChatGPT) en soortgelyke taalmodelle op aanlyn assessering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.822-840. ISSN 2224-7912. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a4.
Opvoeders kan baat vind by die snelle vooruitgang wat in natuurlike taalverwerking (NTV) en kunsmatige intelligensie (KI) gemaak word. Die generatiewe vooraf afgerigte transformator of ChatGPT, 'n taalmodel wat spraak naboots en gespekke kan voer, is een van hierdie nuwe, kreatiewe hulpmiddels. Namate aanlyn assessering meer algemeen raak, bring ChatGPT en soortgelyke taalmodelle opwindende moontlikhede maar ook aansienlike probleme mee, veral in hoër onderwys. Aanlyn assessering in hoër onderwys word toenemend gekompliseer deur die opkoms van KI-kletsprogramme soos ChatGPT, wat dit moeilik maak om te bepaal of studente se werk werklik deur hulle self geskryf is. Dit ondermyn die geloofwaardigheid van grade en diplomas, aangesien plagiaat maklik kan voorkom as gevolg van KI-gegenereerde inhoud. Verder skep dit ongelykheid tussen studente met en sonder toegang tot sulke tegnologie, wat tot onbillike assessering lei. Omdat Kl-antwoorde nie noodwendig die student se eie insig weerspieël nie, word dit al moeiliker om akademiese prestasie akkuraat te evalueer. In hierdie aritkel word ondersoek ingestel na die moontlike integrasie van ChatGPT in aanlyn assessering en die voordele sowel as nadele wat dit vir opvoeders en opvoedkundige instellings kan inhou. Voorstelle om die leemtes daarin aan te vul, word ook gedoen deur praktiese voorbeelde vir die gebruik van ChatGPT te gee. Veel meer kan van die leerproses gemaak word as bloot die nasien van studente se werk met behulp van ChatGPT. Aangesien kreatiewe onderrig, leer en evaluering die oogmerk van aanlyn assessering is, moet 'n mens jou kennis en vermoëns inspan om nuwe take aan te pak en groepsleer aan te moedig.
Palavras-chave : natuurlike taalverwerking (NTV); kunsmatige intelligensie (KI); die generatiewe vooraf afgerigte transformator; ChatGPT; aanlyn asses-sering; gepersonaliseerde terugvoer; outomatiese gradering; geldigheid; regverdigheid; leerproses.












