SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número3Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issues índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    DU PLESSIS, Elize. Die potensiële uitwerking van die generatiewe vooraf afgerigte transformator (ChatGPT) en soortgelyke taalmodelle op aanlyn assessering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2025, vol.65, n.3, pp.822-840. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a4.

    Opvoeders kan baat vind by die snelle vooruitgang wat in natuurlike taalverwerking (NTV) en kunsmatige intelligensie (KI) gemaak word. Die generatiewe vooraf afgerigte transformator of ChatGPT, 'n taalmodel wat spraak naboots en gespekke kan voer, is een van hierdie nuwe, kreatiewe hulpmiddels. Namate aanlyn assessering meer algemeen raak, bring ChatGPT en soortgelyke taalmodelle opwindende moontlikhede maar ook aansienlike probleme mee, veral in hoër onderwys. Aanlyn assessering in hoër onderwys word toenemend gekompliseer deur die opkoms van KI-kletsprogramme soos ChatGPT, wat dit moeilik maak om te bepaal of studente se werk werklik deur hulle self geskryf is. Dit ondermyn die geloofwaardigheid van grade en diplomas, aangesien plagiaat maklik kan voorkom as gevolg van KI-gegenereerde inhoud. Verder skep dit ongelykheid tussen studente met en sonder toegang tot sulke tegnologie, wat tot onbillike assessering lei. Omdat Kl-antwoorde nie noodwendig die student se eie insig weerspieël nie, word dit al moeiliker om akademiese prestasie akkuraat te evalueer. In hierdie aritkel word ondersoek ingestel na die moontlike integrasie van ChatGPT in aanlyn assessering en die voordele sowel as nadele wat dit vir opvoeders en opvoedkundige instellings kan inhou. Voorstelle om die leemtes daarin aan te vul, word ook gedoen deur praktiese voorbeelde vir die gebruik van ChatGPT te gee. Veel meer kan van die leerproses gemaak word as bloot die nasien van studente se werk met behulp van ChatGPT. Aangesien kreatiewe onderrig, leer en evaluering die oogmerk van aanlyn assessering is, moet 'n mens jou kennis en vermoëns inspan om nuwe take aan te pak en groepsleer aan te moedig.

    Palabras clave : natuurlike taalverwerking (NTV); kunsmatige intelligensie (KI); die generatiewe vooraf afgerigte transformator; ChatGPT; aanlyn asses-sering; gepersonaliseerde terugvoer; outomatiese gradering; geldigheid; regverdigheid; leerproses.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )